5 VAN DIE LEKKERSTE BOEREWORS RESEPTE BOEREKOS RESEPTE BOEK BESTEL ONS RESEPTE BOEK VIR R100 Waarde R249 En Kry ons Poeding Boek Ter Waarde van R199 Gratis. Stuur Email : lekkerreseptevirboere@gmail.com Vleisland se LEKKERSTE Boerewors en Droëwors resep En net omdat die winter nou so naby is….plaas ek die WENNER ook maar… SUIDWES Droewors resep…. Vleisland se LEKKERSTE Boerewors resep… 32kg vleis 8kg Vet 650gr sout 60gr Swart peper 50gr Fyn Naeltjies 50gr Fyn Neutmuskaat 300gr Koljander (Roasted) 750ml Woestersous VIR BOEREWORS…meng dan 1 liter yswater vir elke 10Kg by die gemaalde vleis in… Dan stop dit makliker, en die wors is sappig (Vir DROEWORS…LOS DIE WATER UIT) Sny die Vleis en vet in Blokkies meng die speserys deur saam met die woestersous…maal dan alles saam, en meng dan die koue water lekker deur voor jy begin stop. Stop in 22/24 skaapderms en hang in goed geventileerde vertrek, om droog te word TAKAROO BOEREWORS 500g Beesvleis 500g Varkvleis 1kg skaapvleis 1ml fyn koljander 1ml fyn naeltjies 14g fyn sout (15ml) 2ml varsgemaalde swartpeper 250g spek 15ml soet rooiwyn 25ml wynasyn 15ml brandewyn 60g derms METODE: Sny die vleis in 50mm blokke, strooi speserye en geurmiddels oor en maal Sny spek in 3mm blokkies en strooi oor die vleis Meng rooiwyn, asyn en brandewyn en sprinkel oor vleismengsel Meng liggies en stop derm lossies met mengsel Lewer sowat 2.5kg TRADISIONELE BOEREWORS 2kg Beesvleis 1kg Varkvleis 20g (50ml) Koljander 2ml Fyn Naeltjies 2ml gerasperde Neutmuskaat 30g (25ml) fyn sout 5ml Varsgemaalde Swartpeper 500g Spek 100ml Asyn sowat 90g Derms Berei eers die koljander deur dit te skroei, te maal en te sif Sny vleis in 50mm bloke en meng met die speserye en geurmiddels Maal die vleis en sny spek in blokkies Voeg spek en asyn by maalvleis en meng liggies maar deeglik Stop derms lossies met die mengsel Lewer sowat 3.5kg KAASWORS RESEP (VLEISLAND) 10 kg lekker vet vleis 160 gram sout 60 gram Koljander 20 gram Growwe swart peper 10 Gram fyn Naeltjies 10 gram Fyn Neut 200 ml Woestersous 1.5 kg Cheddar, of Gouda kaas METODE: Sny die vleis blokkies, en die kaas in blokkies, en meng die speserye en die woestersous goed deur. Maal nou deur n 5-6 mm siffie....gooi 1 Liter Yswater by en meng deur goed deur voor die wors gestop word. ( Dit verhoed dat die vet en die kaas in die stopper aanpak, en smeer wanneer dit gestop word) Stop in 22/24, of 24/26 skaap derms vir n lekker braai BOEREWORS Hierdie resep wat ek nou met jou deel is ons familie se resep en ek het voorwaar nog nerens maar nerens lekkerder wors geeet as hierdie nie HIER GEE EK DIT MET DIE VERSKILLENDE KILOS Mengsel 60kg - 50kg - 40kg - 30kg - 20kg Vleis 48kg - 40kg - 33kg - 25kg - 16kg Varkspek 8,5kg - 7kg - 5,5kg - 4,5kg - 3kg Speserye 1,8kg - 1,5kg - 1,2kg - 1kg - 0,6kg Water[ml] 1600 - 1300 - 1000 - 800 - 500 Hier is die geheim - absoluut die speserye en dit is weer een n spesialespesery van Crown National BBQ SEASONING Om droë wors te maak gebruik die volgende: Vleis 30kg Spek 3kg Speserye 1,1kg water 1 liter [ingeval mengsel droog is]